SportSport

Patria ervaar weer die “Blues” teen Vishuis in Koshuisfinaal

Vir die derde keer in ‘n ry het die NWU se Patria Manskoshuis teen Kovsies se Vishuis Manskoshuis die knie gebuig  in die Varsity Koshuiseindstryd, toe hulle Maandagmiddag met 55-28 verslaan is. Hierdie wedstryd het net voor die Varsitybekereindstryd plaasgevind, en dit was die begin van ‘n teleurstellende rugbydag vir die NWU wat met ‘n …

Vir die derde keer in ‘n ry het die NWU se Patria Manskoshuis teen Kovsies se Vishuis Manskoshuis die knie gebuig  in die Varsity Koshuiseindstryd, toe hulle Maandagmiddag met 55-28 verslaan is.

Hierdie wedstryd het net voor die Varsitybekereindstryd plaasgevind, en dit was die begin van ‘n teleurstellende rugbydag vir die NWU wat met ‘n nederlaag teen Maties moes huis toe gaan. Die eerste spyker in die kis is al binne die 20 minute van die afskop af ingehamer, toe Vishuis met 29-0 voorgeloop het. Die Patria Blues het probeer terugveg en het darem voor rustyd punte op die bord gekry met die telling op 33-14.

Vishuis het ook nie op hulle louere gaan rus nie en ‘n verdere 22 punte in die tweede helfte aangeteken met veral hulle flank, Heinrich Nieuwenhuizen, wat uitgeblink het. Vir Patria was heelagter Danco Burger een van die ligpunte vir die Potchefstromers.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button