SportSport

Potch skole presteer vandag by NWU Prestigereeks

Die NWU Prestigereeks eindstryde het vandag in Potchefstroom plaasgevind met seunshokkie, dogtershokkie en netbal wat uitstekende sportaksie gebring het. Op plaaslike front het Potchefstroom Gimnasium se eerste seunshokkiespan 1-1 gelykop in ‘n taai wedstryd teen Middelburg gespeel. Middies kon die wedstryd in die laaste 5 minute beklink het, maar het vele kanse verbrou en albei …

Die NWU Prestigereeks eindstryde het vandag in Potchefstroom plaasgevind met seunshokkie, dogtershokkie en netbal wat uitstekende sportaksie gebring het.

Op plaaslike front het Potchefstroom Gimnasium se eerste seunshokkiespan 1-1 gelykop in ‘n taai wedstryd teen Middelburg gespeel.

Middies kon die wedstryd in die laaste 5 minute beklink het, maar het vele kanse verbrou en albei spanne het sodoende die eerste plek gedeel.

Foto’s: Wouter Pienaar

In netbalaksie het Volkies se o.17A span die goue medalje verower toe hulle Noordheuwel met 16-14 geklop het. Gimmies se eerste netbalspan het die bronsmedalje verower toe hulle vir Jeugland met 38-23 kafgedraf het. Zwartkop het die goue medalje verower.

Kyk die foto’s hier:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button