NWU-swemmers maak die pap behóórlik aan
Tydens die afgelope Vlak 3 Nasionale Streekkampioenskappe wat van 3 tot 6 April in Pretoria gehou is, het swemmers van die NWU-Swemklub hulself behoorlik laat geld. Hulle het ’n algeheel negende plek uit 57 deelnemende swemklubs vanuit die Noordelike Provinsies in Suid-Afrika behaal. Die begeesterde junior Pukkies het in die finale rondes geboer en 14 …
Tydens die afgelope Vlak 3 Nasionale Streekkampioenskappe wat van 3 tot 6 April in Pretoria gehou is, het swemmers van die NWU-Swemklub hulself behoorlik laat geld.
Hulle het ’n algeheel negende plek uit 57 deelnemende swemklubs vanuit die Noordelike Provinsies in Suid-Afrika behaal. Die begeesterde junior Pukkies het in die finale rondes geboer en 14 medaljes ingepalm, met bronsmedaljes in drie aflositems.
Op die podium was: Matt Roos (goud, 50m vlinderslag en silwer, 100m vlinderslag), Janco Uys (goud 50m borsslag, brons 100m borsslag), Lionel Moss (goud, 50m kruipslag), Alyssa Norman (goud 200m borsslag), Tiaan Rossouw (silwer in beide 50m rugslag en 50m kruipslag), Juandré Uys (brons 100m borsslag), terwyl Retief Esterhuysen en Dieter Roux elk met ’n brons in die 100m vlinderslag huiswaarts gekeer het.




