Spanwerk dryf Volkies se netbaldogters na goud
Volkies se o.17A netbalspan is die wenners van vanjaar se NWU Prestigereeks nadat hulle in ‘n naelbytstryd vir Hoërskool Noordheuwel met 16-14 geklop het. Hoofafrigter, Morné Smit se span speel hierdie jaar kookwater netbal en hy glo dat die eenheid en spanwerk die bestanddele vir goue glorie is. “Die talent wat ons het, gekombineerd met …
Volkies se o.17A netbalspan is die wenners van vanjaar se NWU Prestigereeks nadat hulle in ‘n naelbytstryd vir Hoërskool Noordheuwel met 16-14 geklop het. Hoofafrigter, Morné Smit se span speel hierdie jaar kookwater netbal en hy glo dat die eenheid en spanwerk die bestanddele vir goue glorie is.
“Die talent wat ons het, gekombineerd met ‘n positiewe gesindheid en harte van goud, is ons suksesresep. Hulle is sterk taakgedrewe en as resultaat van hoë werksverrigting op die baan volg die prestasie vanself.
“Hulle is slim genoeg om die volgende konsep te verstaan: ‘Swak alleen maar saam is ons sterk.’ Hulle speel dus altyd as ’n eenheid,” sê Smit.







