SportSport

Gimmies veg die naweek teen KHS, Volkies pak Wesvalia tuis

Die eerste week van die Noordwesliga in die tweede divisie van vanjaar se Virsekerbeker was propvol aksie en uitslae waar gunstelinge getroef is en ‘n nuweling hul eerste merk gemaak het. Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstespan het met 37-27 teen KHS in ‘n wegwedstryd verloor. As ‘n mens na die telling van al die junior …

Die eerste week van die Noordwesliga in die tweede divisie van vanjaar se Virsekerbeker was propvol aksie en uitslae waar gunstelinge getroef is en ‘n nuweling hul eerste merk gemaak het. Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstespan het met 37-27 teen KHS in ‘n wegwedstryd verloor. As ‘n mens na die telling van al die junior spanne ook kyk, blyk dit dat KHS weer besig is om groot rugby te speel.

Volkies se bure, Gimmies, het hulle liga met ‘n gemaklike 45-23 oorwinning teen Hoërskool Wagpos van Brits begin. Gimmies het die wedstryd beheer, maar Wagpos het wel aangehou veg en ‘n paar goeie drieë gaan druk. Gimmies was wel een stap voor en drieë van Hans Laufs, Johatt Batsietseng, Jacques Botha, JP de Lange en ‘n driekuns van Billy Jacobs het die wen verseker. Frank-Lee Jackson sit ook vyf doelskoppe oor die pale. Gimmies speel hierdie naweek (Saterdag 19 Mei) tuis teen KHS en Volkies speel ook tuis teen Wesvalia.

Gimmies teen Wagpos uitslae:

  • o.14A wen 32-19
  • o.14B Gimmies kry punte
  • o.15A wen 64-10
  • o.15B Gimmies kry punte
  • o.16A wen 57-10
  • o.16B verloor 5-10
  • 1ste wen 45-23
  • 2de wen 24-5
  • 3de wen 17-0

Volkies teen KHS uitslae

Span Volkies KHS
o.14a 0 48
o.14b 0 41
o.15a 12 36
o.15b 46 10
o.16a 19 36
o.16b 12 15
4e span Kry punte  
3e span 29 0
2e span 14 12
1e span 27 37

https://www.nbcarsales.co.za/

AJR

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button