SportSport

Luiperds, ander unies vat SARU aan in die regsbank

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) se klaarblyklike ongrondwetlike begroting vir 2018 het vyf van kleiner rugbyunies in Suid-Afrika, naamlik die Luiperds, Grens, Boland, Valke en Griffons genoop om saam te staan en regstappe teen SARU te neem. Die hoofrede vir hierdie besluit is SARU se minagting van die goedgekeurde befondsingsmodel wat vanaf 2016 tot 2020 duur. …

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) se klaarblyklike ongrondwetlike begroting vir 2018 het vyf van kleiner rugbyunies in Suid-Afrika, naamlik die Luiperds, Grens, Boland, Valke en Griffons genoop om saam te staan en regstappe teen SARU te neem.
Die hoofrede vir hierdie besluit is SARU se minagting van die goedgekeurde befondsingsmodel wat vanaf 2016 tot 2020 duur. Volgens hierdie unies is die 2018 begroting nie volgens klousule 6.11 opgestel nie.

Wat sê klousule 6.11 van die beheerliggaam se grondwet?

Die hoofsake wat SARU moet bestuur is “om hul inkomste en eiendom alleen aan te wend om hul hoof- en aanvullende doelwitte te bereik en, sonder om af te wyk van die algemene aard van eersgenoemde, fondse onder lede te versprei in lyn met die befondsingsmodel soos goedgekeur by ‘n algemene jaarvergadering.”

Begrotings met 52% gesny
Kommerwekkend vir die kleiner unies is dat al die nie-franchises se begroting met 52% gesny is. Dit nadat daar in die huidige befondsingsmodel besluit is dat elke nie-franchise R15 miljoen elk per jaar ontvang. SARU het vanjaar net 10.14 miljoen aan dié unies toegeken.
Volgens die Luiperds se president, André May, is hierdie unies tans met mediasie en ‘n arbitrere proses waar daar aan SARU ‘n kennisgewing gegee is. “Ek glo ons het ‘n baie sterk saak. SARU het doodgewoon nie by die bepalings van die vasgestelde finansieringsmodel gehou nie. Ons unies wil nie alleen pa staan vir ander groter unies se sake nie,” sê May.

May noem ook dat elke unie gelyk behandel moet word en noem dat die kleiner unies tans in ‘n “oorlewingsstryd” is.
“Ons staan op ons regte. Ons het dieselfde status as enige ander unies. Uit ons vorige onderhandelinge met SARU is dit duidelik dat praat nie gehelp het nie. Hulle sien nie in na rede nie en ons is nie bang om deur die nodige regsprosesse te gaan nie.”

AJR
AJR

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button