SportSport

Netbal gaan die eerste groot Gimmie-Volkie wedstryd van die naweek bied

Die vorige keer toe Gimmies en Volkies se eerste netbalspanne in 2016 die Classic Clash op Gimmies se netbalbane gespeel het, het Volkies op die vyand se tuisbaan ’n beroemde sege voltooi. Nou, twee jaar later, gaan Gimmies se trotse eerste netbalspan wat onder die top 10 spanne in die land is, op Vrydagmiddag 25 …

Die vorige keer toe Gimmies en Volkies se eerste netbalspanne in 2016 die Classic Clash op Gimmies se netbalbane gespeel het, het Volkies op die vyand se tuisbaan ’n beroemde sege voltooi.
Nou, twee jaar later, gaan Gimmies se trotse eerste netbalspan wat onder die top 10 spanne in die land is, op Vrydagmiddag 25 Mei om 17:00 sake wil regstel deur op tuisbodem ‘n oorwinning te behaal.
Gimmies kaptein, Lia Wissing en haar span speel vanjaar fantastiese netbal met hulle afrigter, Leonie Stander, wat groot vertroue in haar span het. Wissing se oë het behoorlik geblink toe sy haar mening oor hierdie komende stryd gegee het.

“Die Classic Clash is elke jaar ‘n baie groot wedstryd, omdat die hele skool agter jou staan en die eerstespanne altyd goed ondersteun word, wat ‘n groot voorreg is. Ons span is gereed vir hierdie naweek en baie opgewonde,” verduidelik Wissing.

“Wat ons netbal van ander skole onderskei is dat ons regtig baie in ons sport sit. Ons hoof ondersteun ons ook ongelooflik baie met goeie afrigting. Ons ouers dra ook altyd by dat ons op toer kan gaan, waar ons teen sterk skole ons netbal kan ontwikkel. Dit wat ons insit sal ons uitkry,” sê Wissing.

In hulle pad staan Volkies se eerste netbalspan, wat vanjaar nog glad nie hulle beste jaar beleef het nie. Tog kan afrigter, Carina Uys se span nie afgeskryf word nie. Deur die jare was elke Classic Clash nog ‘n naelbytstryd, maak nie saak hoe die spanne se seisoene in die aanloop tot die Clash verloop het nie.

Volkies se kaptein, Corné Senekal is slaggereed vir die stryd en glo dat haar span vir Gimmies ‘n paar verrassings kan bied.

“Ons het ‘n paar monde om te snoer en ek dink ons gaan die x-faktor bring en baie mense verras. Dit maak my opgewonde om in my laaste Volkie-Gimmie wedstryd te kan wys wat ons kan doen. Ons is beslis die buiteperd en dit is gevaarlik om ons klomp meisies te onderskat. Ons het veggees ontwikkel in ‘n moeilike seisoen,” vertel Senekal.

Spanne:
Gimmies:
Nadine Naudé, Caitlin du Plessis, Lia Wissing (kaptein), Dané Holtzhausen, Casey Pottas, Martiné Jordaan, Mila Henning, Lené Prinsloo en Jonette Labuschagne.

Afrigter
Leonie Stander
Volkies:
Nelanie le Roux, Michaela Reid, Bianca Botha, Marionique Wentzel, Rialize Jansen van Vuuren, Corné Senekal (kaptein), Tashley Jacobs, Leané Smit, Tshepang Moloko en Jo-Lize Swart
Afrigter: Carina Uys

AJR
AJR
https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button