Groot rolbal hierdie naweek wanneer Noordwes se bestes mekaar pak
Noordwes rolbal se enkelspelkampioenskap vir 2018 begin die naweek. Daar is ‘n goeie groei in die getal inskrywings. In 2016 het net 33 vroue ingeskryf; vanjaar is daar 49. In 2016 was die mansinskrywings 63 en vanjaar staan dit op 79. Die KOSH-gebied bly steeds die hartland van Noordwes Rolbal, met die Klerksdorp Rolbalklub wat …

Noordwes rolbal se enkelspelkampioenskap vir 2018 begin die naweek. Daar is ‘n goeie groei in die getal inskrywings. In 2016 het net 33 vroue ingeskryf; vanjaar is daar 49. In 2016 was die mansinskrywings 63 en vanjaar staan dit op 79.
Die KOSH-gebied bly steeds die hartland van Noordwes Rolbal, met die Klerksdorp Rolbalklub wat verreweg die grootste klub in die provinsie is. Van die byna 80 mans wat ingeskryf het, kom 41 uit KOSH (30 daarvan van Klerksdorp, vyf van Strathvaal en ses van Orkney).
Van die 49 vroue wat ingeskryf het, kom 13 van Klerksdorp, vyf van Strathvaal en twee van Orkney.
Wat die stad se twee klubs aanbetref, het die Buiteklub, wat Sondag gasheer is vir ‘n klompie seksies van die mans enkelspel, net een inskrywing vir die vroue enkelspel (Baby Mojanaga) en vyf vir die mans: Lucas Williams, Jan Koekemoer, Michael de Witt, Koos Degenaar en Jakkie Bezuidenhout.
Die Potchefstroom Rolbalklub het vier vroue en vyf mans ingeskryf.
Die vroue is Rose du Plessis, Corrie Breitenbach, Serlina Venter en Elly van Dijk. Die vyf mans is Jean du Plessis, Ronnie Palmer, Gerrit en Willie van Rensburg en die voormalige kampioen en Protea spanlid, Pierre Breitenbach.





