SportSport

Gimmies los Wesvalia se Bruin Bere in ‘n strik

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het die roes van hulle Classic Clash nederlaag teen Volkies vinnig afgeskud met ’n oortuigende 69-22 oorwinning teen Wesvalia in die Virsekerbeker op Saterdag, 2 Junie.

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het die roes van hulle Classic Clash nederlaag teen Volkies vinnig afgeskud met ’n oortuigende 69-22 oorwinning teen Wesvalia in die Virsekerbeker op Saterdag, 2 Junie.
In hierdie Noordwes Afdeling-2 stryd het Wesvalia se Bruin Bere op hulle tuisveld in ‘n groot Gimmie-strik getrap en was soos bere met seer pote na Gimmies se elf drieë hulle verdedigers aan flarde gehad het.

Die heelagter, Billy Jacobs, het vir die tweede keer in die seisoen ‘n driekuns behaal en spog hierdie seisoen met nege drieë agter sy naam. Jacobs het tot dusver in elkeen van die vier wedstryde ‘n drie gedruk en skitter met die 15 agter op sy rug en Gimmie-wapen op sy bors.
Jacobs het tonne spoed en vaart op die aanval, maar sy kruisverdediging is ook net so skerp hierdie seisoen.
Ander driedrukkers teen Wesvalia was Johan Minnaar (2), JP de Lange, Keenan Twigg, Hans Laufs, Anelka Barends, Johan Stadler en Jason Jackson. Minnaar behaal vier doelskoppe en Jacobs sit ook twee oor.

Wesvalia het wel vier drieë van hulle eie gedruk met Ruan Els, Frikkie Scheepers en Ruan de Bruin (2) wat kortstondige blydskap vir die tuisspan gebring het. Gimmies het na die oorwinning hulle plek in die halfeindstryd bespreek en sal moet wag vir komende naweek se uitslae om te sien wie hulle gaan teëkom. Die halfeindstryde vind op 16 Junie plaas.

https://www.nbcarsales.co.za/

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button