SportSport

Luiperds se Cravenweekspanne bekendgemaak

Die Luiperds Rugbyunie het verlede week hulle skolespanne vir die komende o.18 Craven Week en Grant Khomo Weke bekendgemaak. Die o.18 Craven- en Akademie-week vind vanjaar vanaf 8-14 Julie by Paarl Boys High plaas. Die o.16 Grant Khomo-week vind vanaf 1-6 Julie by Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas. Agt Potchefstroomse rugbyspelers het die Cravenweek 23-tal …

Die Luiperds Rugbyunie het verlede week hulle skolespanne vir die komende o.18 Craven Week en Grant Khomo Weke bekendgemaak.
Die o.18 Craven- en Akademie-week vind vanjaar vanaf 8-14 Julie by Paarl Boys High plaas. Die o.16 Grant Khomo-week vind vanaf 1-6 Julie by Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas.
Agt Potchefstroomse rugbyspelers het die Cravenweek 23-tal gehaal. Kobus Burger, Gustav Erlank en Awie Visser (Volkies), Anelka Barends, Keenan Twigg, Frank-Lee Jackson (Gimmies), KW Majola (Boys High) en Luwazi Gumedze (HTS Potchefstroom) is deel van die groep.

Luwazi Gumedze (agter) is ook vir die Luipeds se o.18 Cravenweekspan gekies.
Luwazi Gumedze (agter) is ook vir die Luipeds se o.18 Cravenweekspan gekies.

‘n Paar spelers het ook die Luiperds Akademiespan behaal en met hulle talent kon hulle net so maklik in die Craven Week-groep ingesluit wees. Hans Laufs en Johatt Batsietseng (Gimmies), André Smit (Volkies) en Ompheme Buti (HTS Potchefstroom) sal vir die Akademiespan diens doen.
Twee van Potchefstroom Boys High se belowende o.16 spelers, die stut, Mpho Molefi en slot Moabi Xhosa is in die Luiperds se o.16 Grant Khomo-span ingesluit.

Gimmies se losskakel, Frank-Lee Jackson.
Gimmies se losskakel, Frank-Lee Jackson is in die 2018 Cravenweek-span ingesluit. Foto: Wouter Pienaar. 
https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button