Jong Potch vegter kry welverdiende belt
‘n Jong Potchefstromer het by die onlangse Klerksdorp Fight Night (KFN) 08 in die mat-afdeling die KFN Junior-titel vir 54 kilogram verower. Zander Joubert (15) wat onder die plaaslike beroepsvegter, Hein Pavier, by Warrior Sports Potchefstroom oefen, het sy opponent Zandré Barnard met punte geklop om die titel te verower. Die geveg het vir vyf …
‘n Jong Potchefstromer het by die onlangse Klerksdorp Fight Night (KFN) 08 in die mat-afdeling die KFN Junior-titel vir 54 kilogram verower.
Zander Joubert (15) wat onder die plaaslike beroepsvegter, Hein Pavier, by Warrior Sports Potchefstroom oefen, het sy opponent Zandré Barnard met punte geklop om die titel te verower. Die geveg het vir vyf rondtes van twee minute elk geduur.
“Ek was baie optimisties oor die geveg en het selfvertroue gehad. Toe ek wen was ek so bly dat daar trane van blydskap was,” sê hy.
Joubert, ‘n leerder by Hoër Volkskool Potchefstroom, oefen al vir ongeveer twee jaar onder Pavier waar hy spesifiek skopboks en “cage fighting” beoefen.
“Coach Hein help my deur die moeilike tye en is altyd daar vir my. Hierdie sport help my baie met selfvertroue en ook hoe om myself te kan verdedig,” noem hy.
“Zander sit ekstra tyd in om te oefen en is regtig ‘n harde werker,” voeg Pavier by.





