SportSport
Reino von Wielligh behaal SA-span
Reino von Wielligh, die Midmar Myl 16-myl sterswemmer, maak weer opslae. Reino se passie vir swem, doelgerigtheid, harde werk en toewyding het daartoe gelei dat hy in die SA Senior Nasionale Oopwater oefenspan vir die 5km en 10km ingesluit is. Reino is ‘n ervare oopwater swemmer en ‘n bekende naam in die swemgemeenskap. Dié goeie …
Reino von Wielligh, die Midmar Myl 16-myl sterswemmer, maak weer opslae.
Reino se passie vir swem, doelgerigtheid, harde werk en toewyding het daartoe gelei dat hy in die SA Senior Nasionale Oopwater oefenspan vir die 5km en 10km ingesluit is.
Reino is ‘n ervare oopwater swemmer en ‘n bekende naam in die swemgemeenskap. Dié goeie nuus kom betyds vir die begin van die nuwe swemseisoen waar Reino nog baie ure en baie lengtes in die swembad gaan deurbring.
Die nasionale span se doelwit is om die swemmers voor te berei vir die 2020 Olimpiese Spele wat in Tokio gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



