SportSport

Resiesduiwe koer vanaf Belmont

Die afgelope week het die Potchefstroomse duifies behoorlik amok gemaak. Die wedvlug van Belmont was baie vinnig, weens ‘n redelike Suidweste wind van agter. In die jaaroud-afdeling van die Potchefstroom Posduifklub neem Rassie de Jager se duiwe die 1ste, 6de, 15de, 17de en 18de plekke. Sarel Naudé se duif is slegs 1 sekonde later in …

Die afgelope week het die Potchefstroomse duifies behoorlik amok gemaak. Die wedvlug van Belmont was baie vinnig, weens ‘n redelike Suidweste wind van agter.
In die jaaroud-afdeling van die Potchefstroom Posduifklub neem Rassie de Jager se duiwe die 1ste, 6de, 15de, 17de en 18de plekke. Sarel Naudé se duif is slegs 1 sekonde later in die 2de plek en neem ook die 7de, 8ste en 9de plekke. Nollie Meintjies se duiwe kom in 3de en 4de plek met Nic Stassen 5de en Eddy Bondesio in 10de en 11de plek. In die tweede wedvlug, die ope-afdeling, was die spoed net so hoog. Hierdie wedvlug se duiwe word ‘n uur later losgelaat. Riaan en Elmarie se 2016 duif vat die 1ste plek, met Arrie Marais in 2de en 3de plek. Sarel Naudé se duiwe kom 4de, 5de en 10de, met Salty en Lettie de Villiers 6de en Eddy Bondesio wat die 7de en 8ste posisie inneem.
Op die puntekompetisie is Sarel Naudé nou gerieflik voor met 1907 punte, met Nic Stassen 2de met 1636 punte en Salty en Lettie de Villiers 3de met 961 punte. Die volgende vlug is vanaf Smithfield, oor ’n afstand van 410 km.
By die Mooiriver Resiesduifklub vat Johan Schlebusch weer die top plek in beide die jaaroud– en ope-afdelings. Hennie Aucamp vat ‘n tweede plek in die jaaroud-afdeling, terwyl JJ van Wyk & Seuns die laaste podiumposisie beklee. In die ope-afdeling vaar JJ van Wyk & Seuns nog beter, met beide tweede en derde plekke. Schlebusch is steeds voor in die algehele voorlopers posisie met ‘n totaal van 1378 punte, 382 punte meer as Willem Moolman wat homself steeds in die tweede plek bevind. JJ van Wyk & Seuns het wel punte opgemaak hierdie week en hul verstewig hulle derde plek posisie. Schlebusch is steeds die jaaroud voorloper met 890 punte, terwyl Willem Moolman steeds bo-aan die ope-afdeling is met 562 punte.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button