SportSport

Plaaslike tennisspeler het groot Grand Slam-drome

Daar is ‘n nuwe jong plaaslike blondekop tennisspeler wat groot opwinding by die Riaan Venter Tennisakademie (RVTA) maak. Mari-Louise van Zyl is tans die derde beste speler in die land volgens haar ouderdomsgroep (o.12). Sy gaan Suid-Afrika vanaf 27-31 Augustus in die gesogte Afrika Junior Tenniskampioenskappe in Marokko verteenwoordig. Van Zyl het onlangs as die …

Daar is ‘n nuwe jong plaaslike blondekop tennisspeler wat groot opwinding by die Riaan Venter Tennisakademie (RVTA) maak. Mari-Louise van Zyl is tans die derde beste speler in die land volgens haar ouderdomsgroep (o.12). Sy gaan Suid-Afrika vanaf 27-31 Augustus in die gesogte Afrika Junior Tenniskampioenskappe in Marokko verteenwoordig.
Van Zyl het onlangs as die derde gekeurde speler die SA nasionale titel in haar ouderdomsgroep in Bloemfontein verower en het ook nou die eer om Suid-Afrika by die Afrika Junior Tenniskampioenskappe trots te maak.

Mari-Louise van Zyl, tans die derde beste tennisspeler in haar ouderdomsgroep (o.12) in die land. Sy gaan Suid-Afrika by die Afrika Junior Tenniskampioenskappe vanaf 27 tot 31 Augustus in Marokko verteenwoordig. Foto: Wouter Pienaar
Mari-Louise van Zyl, tans die derde beste tennisspeler in haar ouderdomsgroep (o.12) in die land. Sy gaan Suid-Afrika by die Afrika Junior Tenniskampioenskappe vanaf 27 tot 31 Augustus in Marokko verteenwoordig. Foto: Wouter Pienaar

“Sy is een van die beste talente wat ek al gesien het. Sy het baie goeie atletiese vermoëns en goeie vaardighede,” vertel haar afrigter, Riaan Venter, opgewonde.
Van Zyl, ‘n leerder van Laerskool Mooirivier, kom oorspronklik van Schweizer-Reneke af en oefen al die afgelope twee en ‘n half jaar by Riaan Venter by RVTA.
Hierdie belowende tennisspeler speel reeds tennis vandat sy vyf jaar oud is en het die langtermyn doelwit om eendag ‘n Grand Slam-toernooi te wen.
“Ek wil eendag Wimbledon wen,” noem sy met sterre in haar oë.
Vir eers is haar fokus natuurlik op die Afrika kampioenskappe, waarna sy baie uitsien.
“Dit is vir my ‘n baie lekker gevoel om in hierdie internasionale toernooie te speel en daardie ervaring op te bou. Natuurlik is die hoofdoelwit om die toernooi te wen,” noem Van Zyl.
Buiten die feit dat sy ‘n uitstekende tennisspeler is, blink sy ook in ander sportsoorte uit, naamlik landloop en hokkie, waarin sy Noordwes-kleure gekry het.
“Dit is vir my goed dat sy soveel as moontlik sport doen wat met haar algehele ontwikkeling help. Ek sien ‘n blink toekoms vir haar as tennisspeler en dit is opwindend om saam met haar die pad te stap,” sê Venter.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button