SportSport

Noordwes Sages laat die stokke swaai in groot toernooi

Noordwes Sages het op 21 en 22 Mei ‘n baie geslaagde Mini Nasionale Gholftoernooi by die Potchefstroom Buiteklub aangebied. Hierdie Prestige-toernooi is deur Sanlam geborg. Die span van Noordwes, bestaande uit Raymond Wewege, Tommy Herridge, Jimmy Hugh en Cron van Aswegen, het die spantrofee gewen. Dit nadat ‘n ander span van Noordwes ook vroeër die …

Noordwes Sages het op 21 en 22 Mei ‘n baie geslaagde Mini Nasionale Gholftoernooi by die Potchefstroom Buiteklub aangebied. Hierdie Prestige-toernooi is deur Sanlam geborg.
Die span van Noordwes, bestaande uit Raymond Wewege, Tommy Herridge, Jimmy Hugh en Cron van Aswegen, het die spantrofee gewen.
Dit nadat ‘n ander span van Noordwes ook vroeër die nasionale kampioenskap in Witbank en Middelburg gewen het. Hierdie toernooie word jaarliks landwyd op drie verskillende plekke aangebied, tesame met ‘n nasionale toernooi een keer per jaar.
Vanjaar is dit op Witbank en Middelburg van 16 tot 20 April aangebied. 124 spelers van nege takke (Noordwes, Vaalrivier, Oos-Vrystaat, Vrystaat, Noord-Vrystaat, Suidrand, Jimmy Gowans Johannesburg, Jakaranda en Wesrand) asook vier spelers van die nasionale komitee, het aan die Mini-toernooi op Potchefstroom deelgeneem.

Almal was dit eens dat die reëlings vlot verloop het en het die twee dae baie geniet. Spelers het goed met mekaar gekommunikeer en ou kennisse is hernu. Die naaswenners was Wally Krolewics, Keith Els, Kobus Jonker en Dawie Bam van Vaalrivier. In die derde plek was Sidney Majake, Joseph Chaba, Peet Strydom en Petra van der Merwe, ook van Vaalrivier.
Bo en behalwe die spanwenners, is daar ook elke dag pryse vir die beste beterbaltellings en naaste aan die penne gewen. Dit was volgens die organiseerders ‘n voorreg om almal met Noordwes gasvryheid te onthaal.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button