SportSport

Rolballiga vir besighede gaan vir groot opwinding sorg

‘n Opwindende rolballiga vir die sakegemeenskap gaan binnekort die lig sien in Potchefstroom, met Eastvaal Toyota en die Potchefstroom Buiteklub (PCC) wat gesamentlik dié besigheidsliga gaan aanbied. Hierdie rolballiga is spesifiek vir Potchefstroom se sakegemeenskap en is ideaal vir diegene wat daagliks van 08:00 tot 17:00 werk. Daar is R12 000 op die spel vir …

‘n Opwindende rolballiga vir die sakegemeenskap gaan binnekort die lig sien in Potchefstroom, met Eastvaal Toyota en die Potchefstroom Buiteklub (PCC) wat gesamentlik dié besigheidsliga gaan aanbied.
Hierdie rolballiga is spesifiek vir Potchefstroom se sakegemeenskap en is ideaal vir diegene wat daagliks van 08:00 tot 17:00 werk.
Daar is R12 000 op die spel vir die top drie spanne in die liga. Daar is wel slegs plek vir 12 spanne en besighede word aangemoedig om hulle plek so gou as moontlik te bespreek.
Die liga sal vanaf 6 September tot 29 November elke Donderdagaand om 18:00 plaasvind. Volgens Pine Maritz, handelaarshoof van Eastvaal Toyota, het hy die idee vir hierdie besigheidsliga gekry toe hy self op sosiale vlak gaan rolbal speel het.
“Ek was genooi vir ‘n rolbalwedstryd en ek het dit baie geniet. Ek het daar besef dat ‘n mens nie oud of grys hoef te wees om te kan speel nie,” skerts hy.
“Dit is inteendeel ook bietjie goeie bemarking vir die rolbalklub en rolbal in die algeheel ook.
Hierdie besigheidsliga sal ook juis lekker sosiaal wees met braaigeleenthede na elke wedstryd waar besighede lekker kan saamkuier.
Vir nadere besonderhede en navrae, kontak Louis Wessels by 083 300 5028 of Pine Maritz by 072 648 5084.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Augustus.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button