Schlebusch weer voor in die koor by MRK
Johan Schlebusch van die Moorivier Resiesduifklub (MRK) het die afgelope naweek vanaf Colesberg oor ‘n afstand van 484 kilometer werklik podiumbeheer toegpas met plekke 1,2 en 3 in die jaaroud-afdeling. Hy het ook ‘n 5de en 6de plek in hierdie afdeling behaal. Willem Moolman se duifies behaal hier 4de en 10de plekke met Des Humpel …
Johan Schlebusch van die Moorivier Resiesduifklub (MRK) het die afgelope naweek vanaf Colesberg oor ‘n afstand van 484 kilometer werklik podiumbeheer toegpas met plekke 1,2 en 3 in die jaaroud-afdeling. Hy het ook ‘n 5de en 6de plek in hierdie afdeling behaal.
Willem Moolman se duifies behaal hier 4de en 10de plekke met Des Humpel wat ‘n 7de plek beklee. In die ope-afdeling het Willem Moolman die eerste twee plekke beklee, met Schlebusch wat met derde plek tevrede moet wees. Haupt Lofts se duiwe koer ook hier met 4de en 9de plekke.
Schlebusch het met sy puik uitslae vanaf Colesberg sy top posisie in die jaaroud-afdeling verder bekemtoon, terwyl Moolman se duiwe rustiger kan asemhaal in die ope-afdeling na ‘n goeie naweek. Moolman het nou ‘n 39 punt voorsprong teen Schlebusch.
By die Potchefstroom Posduifklub het Nic Stassen se duiwe oor ’n spoed van 1300m/min uitgeblink. In die jaaroud-afdeling neem Stassen se duiwe die eerste drie plekke, asook 5de en 12de plekke in. Rassie de Jager se duiwe eindig in die 4de, 7de en 8ste plek, met Faan de Beer 6de en Eddy Bondesio in die 9de plek.
In die jaaroud-afdeling raak dit baie interessant met Sarel Naudé nog steeds voor met 81 punte. Naudé staan tans op ’n puntetotaal van 2 056. Stassen is tweede met 1 975 punte en Rassie de Jager derde met 1 330 punte.
In die ope-afdeling wen Marnus Nel se duif met 9 sekondes voor Stassen se 2de, 3de, 4de en 6de plekke. Eddy Bondesio neem die 5de plek in, met Naudé 7de en Riaan en Elmarie se duif in die 8ste plek. In hierdie afdeling is daar ook ‘n naelbytstryd tussen die eerste drie plekke. Stassen loop voor met 1 691 punte, Naudé is ’n kortkop agter met 1 631 punte en Nel is derde met 1 452 punte.




