SportSport

Van Schalkwyk maak naam saam SA o.19-span in Engeland

Die begaafde jong Potchefstroomse o.19 SA krieketspeler, Louis van Schalkwyk, het in sy eerste oorsese kriekettoer in Engeland vanaf 8-29 Julie sy stempel teen die Engelse afgedruk. Die voormalige Volkie en huidige NWU-student het die toer aangepak met die intensie om groot lopies met sy kolf te kry, maar op die ou einde het sy …

Die begaafde jong Potchefstroomse o.19 SA krieketspeler, Louis van Schalkwyk, het in sy eerste oorsese kriekettoer in Engeland vanaf 8-29 Julie sy stempel teen die Engelse afgedruk.
Die voormalige Volkie en huidige NWU-student het die toer aangepak met die intensie om groot lopies met sy kolf te kry, maar op die ou einde het sy boulwerk in die tweede eendagwedstryd teen Engeland juis beïndruk. Van Schalkwyk het 5/32 gevat met sy draaiballe, wat die wedstryd in SA se guns geswaai het.
Van Schalkwyk het in twee van die vyf geskeduleerde wedstryde gespeel waar hy in een toetswedstryd en een eendagwedstryd die kans gegun is om te wys wat in hom steek.

Louis van Schalkwyk (regs) en sy SA o.19 spanmaat Kgaudise Molefe in hulle formele spandrag. Vir Van Schalkwyk was hierdie o.19 SA kriekettoer 'n ongelooflike belewenis.
Louis van Schalkwyk (regs) en sy SA o.19 spanmaat Kgaudise Molefe in hulle formele spandrag. Vir Van Schalkwyk was hierdie o.19 SA kriekettoer ‘n ongelooflike belewenis.

“Die eerste toets het nie goed gegaan nie en ek kon net 4 en 0 gemaak het. In die tweede eendagwedstryd het ek vyf stokke gevat waaroor ek bly was. Oorspronklik sou ek net so drie boulbeurte boul, maar toe kry ek my eerste paaltjie in my derde boulbeurt en toe het ek op die ou einde ses boulbeurte geboul nadat ek aanhou paaltjies vat,” vertel Van Schalkwyk.
Die ervaring om deel van so ‘n professionele spanopset kon wees, was vir Van Schalkwyk ‘n groot hoogtepunt waar hy baie raad kon ontvang.
“Dit was lekker om in so ‘n omgewing met iemand soos Robin Peterson te kon praat en te leer hoe hulle krieket vir die Proteas gespeel het en hulle spel na die volgende vlak gevat het.
“Ek het baie geleer, al het ek nie al die wedstryde gespeel nie. Dit was ook lekker om net oorsee te kon wees en nuwe dinge te kon ervaar,” noem hy.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button