Gimmies se o.15A netbalspan maak naam by SA kampioenskappe
Potchefstroom Gimnasium se o.15A-netbalspan is na ‘n lang en druk besige o.15 SA Skolekampioenskappe as die naaswenners in die land gekroon. Gimmies het net-net in die eindstryd met 7-8 teen Helpmekaar-Kollege in die eindstryd verloor. Vroeër in die poelafdeling het die Potchefstromers vir Affies ook met ‘n punt geklop wat hulle net ekstra selfvertroue vir …
Potchefstroom Gimnasium se o.15A-netbalspan is na ‘n lang en druk besige o.15 SA Skolekampioenskappe as die naaswenners in die land gekroon.
Gimmies het net-net in die eindstryd met 7-8 teen Helpmekaar-Kollege in die eindstryd verloor. Vroeër in die poelafdeling het die Potchefstromers vir Affies ook met ‘n punt geklop wat hulle net ekstra selfvertroue vir die res van die toernooi gegee het.
“My netbalkinders het briljant gespeel en regtig hulle alles gegee tydens die kampioenskappe. Dit was ‘n groot oomblik toe ons Affies geklop het, en ons het gedink dat ons hulle weer in die finaal sou speel. Al was die spelers moeg, het hulle nog steeds 120 persent gegee teen Helpmekaar, maar ons het net uit tyd gehardloop om die wedstryd te wen,” het Gimmies se afrigter, Marike Maree, genoem. Maree het veral haar verdedigende vleuel, Alicea Nagel geprys wat ‘n uitstekende toernooi gehad het, maar noem ook dat die hele span almal hulle kant gebring het. “Ek is baie tevrede met ons uitslag en ek glo ons het beslis ons doelwitte bereik, al het ons nie die trofee gewen nie,” sê sy.




