Hannes-Walt verdien puik bronsmedaljes in Kanada by Wêreldswemkampioenskappe
Hannes-Walt de Klerk, die 37-jarige veelsydige en talentvolle sportman van Amelia Nasorgsentrum, het pas teruggekeer uit Truro (Kanada), waar hy deelgeneem het aan die agtste Wêreld Swemkampioenskappe vir sportlui met intellektuele gestremdhede en/of Downsindroom. Swemmers van 26 lande het aan vanjaar se byeenkoms deelgeneem. Hannes-Walt, ‘n mosaïek Downsindroom lyer, het Suid-Afrika met trots verteenwoordig en …
Hannes-Walt de Klerk, die 37-jarige veelsydige en talentvolle sportman van Amelia Nasorgsentrum, het pas teruggekeer uit Truro (Kanada), waar hy deelgeneem het aan die agtste Wêreld Swemkampioenskappe vir sportlui met intellektuele gestremdhede en/of Downsindroom. Swemmers van 26 lande het aan vanjaar se byeenkoms deelgeneem.

Hannes-Walt, ‘n mosaïek Downsindroom lyer, het Suid-Afrika met trots verteenwoordig en spog na dié byeenkoms met brons medaljes in onderskeidelik die 100m borsslag en 100m individuele wisselslag. Hy is ‘n aktiewe, geregistreerde swemmer by Noordwes Swem en ‘n inspirerende asook passievolle lid van die NWU-Junior Swemklub, waar hy met die hulp van afrigter Mickey Olivier voorberei het vir die byeenkoms. Hy oefen tans ook kliphard vir die Downsindroom Atletiek Wêreldkampioenskappe in Madeira (Portugal), wat in Oktober vanjaar plaasvind.




