SportSport

Regstreeks: Volkies klop Gimmies met 2 paaltjies in naelbyt einde

Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerstespanne speel vandag (Saterdag, 1 September) teen mekaar in die Noordwes Premierliga op Volkskool se velde. Volg hier vir regstreekse nuus van hierdie wedstryd: 15:00 – Andre Taljaard slaan ‘n vyftigtal en hy en Lucian Coackley lei Volkies na ‘n 2-paaltjie oorwinning. 14:48 – Volkies nou 203/7 na 33 …

Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerstespanne speel vandag (Saterdag, 1 September) teen mekaar in die Noordwes Premierliga op Volkskool se velde.

Volg hier vir regstreekse nuus van hierdie wedstryd:

15:00 – Andre Taljaard slaan ‘n vyftigtal en hy en Lucian Coackley lei Volkies na ‘n 2-paaltjie oorwinning.

14:48 – Volkies nou 203/7 na 33 boulbeurte. Ronald Hendricks vat nog twee paaltjies. Taljaard van Volkies staan vas op 36 en sal sy span wil deurdra. Die spanning loop nou hoog.

14:40: Volkies tans 193/5 na 31 boulbeurte

14:36: Volkies nou 187/5 met Ronald Hendricks wat met ‘n briljante vangskoot van sy eie boulwerk vir Gimmies hoop gee.

14:30 – Volkies nou 184/3 met Andre Taljaard en Awie Visser wat nou in is.

14:23 – Van Zyl Smit uit vir 87 met Gimmies se Turkstra wat deurbreek. Volkies nou 176/3.

14:00 – Volkies nou 170/2 na 25 overs.

13:45 – Gerhard Turkstra hardloop vir Martin Fourie uit en Volkies sit op 117/2.

Martin Fourie. Foto: Wouter Pienaar
Martin Fourie. Foto: Wouter Pienaar

13:30 – Van Zyl Smit teken sy vyftigtal aan. Volkies tans op 106/1 na 15 boulbeurte. Hulle benodig 130 lopies vir ‘n oorwinning.

12:40 – Van Zyl Smit en Christiaan Bester slaan ‘n eerste lopie vennootskap van 77 voordat Dawie Rontgen toeslaan met ‘n BVP beslissing.

Volkies se kolfbeurt

12:00 – Gimmies eindig op 244/8 na 50 boulbeurte danksy Dawie Rontgen se blitsige 17 (8) en Robert Cameron op 61 (110). Volkies benodig 245 lopies vir ‘n oorwinning.

11:50 – Robert Cameron kry sy 50-tal. Hy is tans op 54 vanaf 101 balle. Gimmies nou 217/7 na 47 boulbeurte.

11:40 – Gimmies haal 200. 201/7 na 45 boulbeurte

11:20 – Gimmies tans op 169/5 na 37 boulbeurte.

11:10 – Ronald Hendricks verloor sy paaltjie met Van Zyl Smit wat die deurbraak maak. Gimmies nou 151/5 na 32 boulbeurte.

11:00 – Gimmies tans 133/4 na 30 boulbeurte. Ronald Hendricks op 20 en Robert Cameron op 24.

10:30 – Gimmies verloor 2 paaltjies vinnig met Viviers uit vir 63 en Junior Mathe uit vir 4. Gimmies tans 115/4.

Jaco Viljoen
Frans Viviers vier sy 50-tal
Frans Viviers vier sy 50-tal

10:20 – Viviers teken sy vyftigtal aan. Hy is tans op 59 (57). Gimmies nou 104/2 na 22 boulbeurte.

10:07 – Gimmies 85/2 na 17 boulbeurte. Viviers tans op 46 en binne bereik vn ‘n welverdiende vyftigtal.

09:55 – Gimmies 54/2 na 11 boulbeurte. Waldu Kotze en Van Zyl Smit tans die boulers vir Volkies met Viviers en Robert Cameron

09:47 – Gimmies 49/2 – Paaltjie vir Volkies – Waldu Kotze kry Turkstra se paaltjie vir 21 (28) met ‘n BVP beslissing

09:45 – Gimmies 49/1 na 10 boulbeurte

09:40 – Gimmies tans 43/1 na 9 boulbeute. Frans Viviers tans op 23 (25) en Gerhard Turkstra op 19 (22)

09:05 – Gimmies is 1/1 – Ricus Swart verloor sy paaltjie, Volkies se Andre Taljaard laat Swart se paaltjies spat.

Andre Taljaard het vroeg vir Volkies deurgebreek.
Andre Taljaard het vroeg vir Volkies deurgebreek.

09:00 – Gimmies wen die loot en kolf eerste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button