SportSport

Veerpyltjiespelers trek die teiken by nasionale kampioenskappe

Die JB Marks Veerpyltjie Vereniging het hierdie jaar vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse Veerpyltjie Kampioenskappe in Kiblerpark in Johannesburg deelgeneem. Die kampioenskappe wat in Julie gehou is, was ‘n harde stryd vir beide die mans- en damespanne wat uit die Potch Gooiers Pyltjiespelklub gekies is. Die dames eindig tweede in hulle afdeling met …

Die JB Marks Veerpyltjie Vereniging het hierdie jaar vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse Veerpyltjie Kampioenskappe in Kiblerpark in Johannesburg deelgeneem.
Die kampioenskappe wat in Julie gehou is, was ‘n harde stryd vir beide die mans- en damespanne wat uit die Potch Gooiers Pyltjiespelklub gekies is.

Die dames eindig tweede in hulle afdeling met ‘n silwermedalje, waar hulle slegs een punt agter die wenners geëindig het.
In die mans-afdeling eindig JB Marks in vierde posisie in hulle blok aangesien hulle in vier valbyl wedstryde moes speel wat hulle beslis van ‘n tweede plek beroof het.

Hubertus Mostert (bestuurder), Petro Nel, Anika van der Berg, mnr. Graham Stark, (president, Darts SA), Donnè van Veen en Angie Kemp. Foto’s: Verskaf
Hubertus Mostert (bestuurder), Petro Nel, Anika van der Berg, mnr. Graham Stark, (president, Darts SA), Donnè van Veen en Angie Kemp. Foto’s: Verskaf

In die dubbelspel-formaat eindig Izak du Plessis en Charles van der Berg in die top agt.
Du Plessis het ook die Noordwes span verteenwoordig en het een 180 gegooi. Charles van der Berg gooi twee 180, Herman Coetzer twee 180, Jacobus Coetzer een 180 en Anika van der Berg een 180. Daar word beoog om ’n tweede klub te stig in JB Marks om sodoende die sport uit te brei. Daar is plek vir families. Die wat ernstig wil speel en die wat net wil ontspan en sosiaal speel.

Hubertus Mostert, Collin Coakley, Herman Coetzer, Jacobus Coetzer, Charles Joshua van der Berg en Izak du Plessis.
Hubertus Mostert, Collin Coakley, Herman Coetzer, Jacobus Coetzer, Charles Joshua van der Berg en Izak du Plessis.

Belangstellendes kan vir Herman Coetzer by 083 794 0641, Charles van der Berg by 067 098 3525 of Hubertus Mostert by 076 030 4081 kontak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button