SportSport

Volkies se o.15A boulers maak amok teen Lichtenburg

Volkies se o.15 A-span was die afgelope naweek weer in ‘n verwoestende bui op die krieketveld, toe hulle Hoërskool Lichtenburg met ‘n massiewe 219 lopies op Volkskool se velde geklop het. Volkies kolf eerste en teken 310/5 in hul 50 beurte aan. Die beste kolwer was Corné Prinsloo met 108 van 111 balle. Waldo Kemp …

Volkies se o.15 A-span was die afgelope naweek weer in ‘n verwoestende bui op die krieketveld, toe hulle Hoërskool Lichtenburg met ‘n massiewe 219 lopies op Volkskool se velde geklop het.
Volkies kolf eerste en teken 310/5 in hul 50 beurte aan. Die beste kolwer was Corné Prinsloo met 108 van 111 balle. Waldo Kemp met 57* en Juan du Preez met 51 was ook goed op dreef. Volkies boul Lichtenburg uit vir 91 lopies om sodoende die wedstryd met 219 lopies te wen.
Die boulers het as eenheid baie goed gedoen, met Waldo Kemp wat 3 paaltjies vir 5 lopies neem. Eben Verster vat 2 vir 27, Ruben Crous 2 vir 20 en CJ White 1 vir 17. Wendell Osuala met 0 vir 11 in 7 beurte, was baie ongelukkig om nie ‘n paaltjie te neem nie.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button