SportSport

Foto’s: Gimmies se eerste krieketspan val vas teen Rustenburg

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het ten spyte van ‘n bestendige kolf en boulvertoning hulle wedstryd teen Hoërskool Rustenburg op die Gimmie Oval met 18 lopies verloor. Hierdie wedstryd wat op Saterdag, 15 September plaasgevind het, was ‘n taai wedstryd wat enige kant toe kon gegaan het. Rustenburg het 266/9 aangeteken nadat Kris Vorster (66 …

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het ten spyte van ‘n bestendige kolf en boulvertoning hulle wedstryd teen Hoërskool Rustenburg op die Gimmie Oval met 18 lopies verloor.
Hierdie wedstryd wat op Saterdag, 15 September plaasgevind het, was ‘n taai wedstryd wat enige kant toe kon gegaan het. Rustenburg het 266/9 aangeteken nadat Kris Vorster (66 van 43) en Tiaan van Tonder (45 van 39) die kastaiings uit die vuur gekrap het. Op 172/8 het Gimmies die oorhand gehad maar Vorster en Van Tonder se beurte het op die ou einde die wedstryd bepaal.
Gimmies het van die staanspoor af beheer geneem met die linkerarm draaiballe van Dawie Rontgen (2/22) sowel as die hotklou snelballe van Marco Jansen (2/35) wat Rustenburg laat steier het. ‘n Ongelooflike vangskoot op eerste glip van Duan Jansen, was een van die vele hoogtepunte vir Gimmies in die veld. Gimmies kon wel nie die druk op Rustenburg hou nie en moes toe met die kolf sake regstel in hulle jaagtog van 267 lopies.
Die openingskolwer Frans Viviers (31 van 17) het Gimmies momentum gegee, sowel as Duan Jansen (66 van 66) en Robert Cameron (64 van 109) wat in ‘n 117-lopie venootskap die tuisspan op dreef gehad het.
Toe Jansen sy paaltjie met die telling op 204 verloor, het Rustenburg se boulers begin toesak. Gimmies kon nie by die stygende lopietempo byhou nie en in die proses het hulle ‘n verdere 5 paaltjies vir 44 lopies verloor.
Stian Swanepoel was Rustenburg se beste bouler met 4/35 en hy het veral op die einde kritieke paaltjies geneem om Gimmies se kanse te stuit.
Met hierdie nederlaag sal Gimmies nou in die halfeindrondte op 13 Oktober teen Volkies te staan kom. Die ander halfeindstryd sal tussen Rustenburg en Lichtenburg gespeel word. Sodoende sal dit die eerste keer in vier jaar wees wat Volkies en Gimmies nie in die finaal teen mekaar sal speel nie.

Photos: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button