
‘n Vrou is gisteroggend (17 September) omstreeks 01:00 tydens ‘n huisroof in Uitsigstraat met ‘n vuurwapen in die gesig geslaan.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is hulle na die toneel ontbied.
Volgens hom het drie mans, die vrou oorval waarna hulle haar vasgebind en aangerand het. Die rowers het glo vuurwapens geëis, maar is met onder andere juwele en elektroniese toestelle vort.
Nog niemand is in hegtenis geneem nie en ‘n saak van huisroof word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



