SportSport

Drieë reën by Interprovinsiale Sewestoernooi in Potch

Op die eerste dag in vanjaar se Inter Provinsiale Sewestoernooi wat by die Fanie du Toit Sportgronde dié naweek (28-29 September) plaasvind, het die groot kanonne met mening gewys waartoe hulle in staat is. 14 van die land se top unies, sowel as ‘n gekombineerde SA LSOB-span neem in vanjaar se toernooi deel met die …

Op die eerste dag in vanjaar se Inter Provinsiale Sewestoernooi wat by die Fanie du Toit Sportgronde dié naweek (28-29 September) plaasvind, het die groot kanonne met mening gewys waartoe hulle in staat is.

14 van die land se top unies, sowel as ‘n gekombineerde SA LSOB-span neem in vanjaar se toernooi deel met die Westelike Provinsie, Vrystaat en die Goue Leeus wat sover hul stempel met mening afdruk.

Die WP het in poel A met 31-5 vir die Blou Bulle afgereken, terwyl die Leeus in ‘n puik poel-D wedstryd net-net vir Griekwas met 27-24 geklop danksy Jaydian Petrus se drie na die sirene.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die tuisunie, die Luiperds, het wel hulle toernooi met twee nederlae geopen toe hulle teen twee topunies, die Goue Leeus (43-7) en die Vrystaat (38-12) die onderspit gedelf het.

Vir die Luiperds het Ruben Oosthuizen, Giovanni Pestana en Mosa Mthanjana drielynkoors gehad en die punte vir die Luiperds in hierdie twee kragmetings aangeteken. Die Luiperds speel vanmiddag om 16:00 teen die Griffons in hulle laaste poelwedstryd.

Môre vind die uitspeelwedstryde plaas met die OP wat teen SWD uitdraf om 09:30.

Lees meer in komende week se Potchefstroom Herald oor hierdie toernooi. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button