SportSport

Onoorwonne Ferdies skitter in Super-B kompetisie

Die pad na die semi-finaal vir Ferdies se o.15 krieketspan is tot dusver onoorwonne.

Die pad na die semi-finaal vir Ferdies se o.15 krieketspan is tot dusver onoorwonne.
Ferdies haal Boys High uit vir 81 lopies en wen die wedstryd met 9 paaltjies. Leniel Swart neem 7 paaltjies gedurende hierdie wedstryd.
Ferdies wen met 8-paaltjies teen Ikageng. Marco Botha neem 4 vir 37 en slaan ook ‘n onoorwonne 53 van 31 balle en Duanne Bester neem 3 vir 23 in hierdie wedstryd.
Ferdies seëvier ook met ‘n bobaas oorwinning teen Gimmies B. Ferdies het dadelik die druk op Gimmies geplaas en seker gemaak dat hulle die wedstryd wen. Gimmies kry slegs 40 lopies, waarna Ferdies die wenlopies in die 7de boulbeurt aanteken. Fardeen Khair was onoorwonne met 23 lopies van 20 balle. Marco Botha neem 6 paaltjies in 4.2 boulbeurte en staan slegs 14 lopies af.
Ferdies se o.15’s wen ook met 7 paaltjies teen Volkies B. Met hierdie onoorwonne rekord is Ferdies deur na die Super-B liga semi-finaal wat op 13 Oktober plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button