SportSport

Noordwes rolbal lei jaar in met Pare-kompetisie

Noordwes Rolbal se eerste kompetisie vir 2019 is die mans en vroue pare wat Saterdag begin. Klerksdorp rolbalklub het weer by verre die meeste inskrywings. Vyftien manspanne en 10 vrouespanne sal die klub verteenwoordig. Wat die mans aanbetref, het PCC sewe spanne, Parys, La Farge en Orkney vier elk, Potch Dorp drie, met enkele spanne …

Noordwes Rolbal se eerste kompetisie vir 2019 is die mans en vroue pare wat Saterdag begin.
Klerksdorp rolbalklub het weer by verre die meeste inskrywings. Vyftien manspanne en 10 vrouespanne sal die klub verteenwoordig. Wat die mans aanbetref, het PCC sewe spanne, Parys, La Farge en Orkney vier elk, Potch Dorp drie, met enkele spanne van Mafeking, Koster en Fochville.
Benewens die 10 vroue pare van Klerksdorp, het PCC vyf, Parys, Potch Dorp en Parys vier elk, met enkele spanne van Koster, Mafeking, Orkney en Coligny. Vir die vroue sal daar spel wees op La Farge, Klerksdorp en PCC met die uitspele Sondag by PCC.
Die manspare sal Saterdag sake uitspook in die seksies by Potch Dorp, PCC, Klerksdorp en Parys, met die uitspele Sondag by Klerksdorp.
Die aksie word volgende naweek voortgesit.Rolbal

Boston

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button