Volkskool se eerstes val vas teen Menlopark
Hoër Volkskool se eerste krieketspan het hulle tweede agtereenvolgende nederlaag in die Finsburyliga beleef toe hulle op Saterdag 26 Januarie met 114 lopies teen ‘n sterk Hoërskool Menlopark-span verloor het. Menlopark se Zian Stoop (80) en Dylan de Villiers (64) se openingsvennootskap van 114 het die wedstryd in die besoekers se voordeel gesit in hulle …
Hoër Volkskool se eerste krieketspan het hulle tweede agtereenvolgende nederlaag in die Finsburyliga beleef toe hulle op Saterdag 26 Januarie met 114 lopies teen ‘n sterk Hoërskool Menlopark-span verloor het.
Menlopark se Zian Stoop (80) en Dylan de Villiers (64) se openingsvennootskap van 114 het die wedstryd in die besoekers se voordeel gesit in hulle groottotaal van 280 almal uit.
Van Zyl Smit was Volkies se beste bouler en het met sy draaiballe 3/30 behaal.
Volkies se kolwers kon wel nie so ‘n goeie begin maak met Niel Jansen van Vuuren wat vir ‘n 0 uit was en Christiaan Bester kort daarna vir 6. Smit (37) en Jaco Viljoen (44) het as seniorspelers hulle ervaring met ‘n 58-lopie vennootskap bewys.
Dit was wel nie genoeg nie en die groot telling was heeltyd buite Volkies se bereik met paaltjies wat te veel en te vinnig gekantel het. Menlopark se Ryan Greyvenstein (3/27) en Sebastiaan Stry-dom se (3/42) was die angels in Volkies se kolforde. Volkies speel komende Saterdag teen Hoërskool Nelspruit in die derde wedstryd van die Finsburyliga en sal ‘n broodnodige wen moet inpalm om trofee vooruitsigte te behou.



