SportSport

5 Sleutelfaktore wat NWU teen UJ laat wen het

1. Kaptein Chucky sit die bal aan die rol Die rooikop generaal het sy span die perfekte begin teen UJ gegee toe hy soos ‘n stoomtrein met behulp van sy voorspelerpak omtrent 30 meter beweeg het om oor die doellyn te duik. Van der Westhuizen was ook ‘n kolos in die losgemaal en het met …

1. Kaptein Chucky sit die bal aan die rol
Die rooikop generaal het sy span die perfekte begin teen UJ gegee toe hy soos ‘n stoomtrein met behulp van sy voorspelerpak omtrent 30 meter beweeg het om oor die doellyn te duik. Van der Westhuizen was ook ‘n kolos in die losgemaal en het met durf en daad gelei.
2. Chuiner van Rooyen is seepglad
Een van die sterre vir die NWU teen UJ was hulle splinternuwe heelagter, Chuiner van Rooyen. Die voormalige Helpmekaar Kollege yster, het sy flink voete menigmaal bewys en kan ongelukkig wees om na ‘n solo-lopie nie ‘n drie van sy eie te kon druk nie.
3. Die NWU se Namibiërs wys hulle krag
Die slot Johan Retief en agtsteman Wian Conradie was op hulle stukke teen UJ en het dinge baie ongemaklik vir die tuisspan gemaak. Conradie se kraglopie waar hy twee verdedigers aarde toe gestuur het, was die katalisator vir Lungelo Gosa se drie in die tweede helfte.
4. Losvoorspelers maak amok
NWU afrigter, Jonathan Mokuena het self genoem dat sy losvoorspelertrio van Gideon van der Merwe, Wandi Mazibuko en Wian Conradie as ervare spelers by die afbreekpunte geskitter het. ‘n Mens kan nie daarteen stry nie en as die NWU verdere sukses in die kompetisie wil behaal, sal die trio een van die groot sleutels wees.
5. Schalk Hugo se dodelike skopskoen is ‘n groot pluspunt
‘n Mens kan nie genoeg heuning op Hugo se spel smeer nie, met die losskakel wat weer met ‘n puik 100% skoprekord sy ervaring en talent bewys. Beslis die generaal van sy agterlyn.

Foto’s: Christiaan Kotze/SASPA

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button