Gimmies se atlete woeker met talent by Prestigebyeenkoms
By die onlangse prestige atletiekbyeenkoms wat Potchefstroom Gimnasium by die Kenneth McArthur Atletiekstadion aangebied het, het Gimmies se atlete uitmuntende prestasies behaal. Gimmies het by hierdie byeenkoms teen Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Centurion, Hoërskool Garsfontein en Vereeniging Gimnasium op tuistartan uitgeblink. Die volgende leerders het meer as ’n 1 000 punte op die ABSA-tabel behaal: Armand …

By die onlangse prestige atletiekbyeenkoms wat Potchefstroom Gimnasium by die Kenneth McArthur Atletiekstadion aangebied het, het Gimmies se atlete uitmuntende prestasies behaal.
Gimmies het by hierdie byeenkoms teen Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Centurion, Hoërskool Garsfontein en Vereeniging Gimnasium op tuistartan uitgeblink.
Die volgende leerders het meer as ’n 1 000 punte op die ABSA-tabel behaal: Armand Willemse, Lee-ann Grobbelaar, Danielle Verster en Karmen Fouché
Die volgende leerders het meer as 900 punte op die ABSA-tabel behaal: Richter van der Merwe, Tiaan van Zyl, Phemelo Molale, Petra Steinmann, Juné Roode en Wiané Joubert
Die volgende leerders het Gimmie Prestige-rekords gebreek: Phemelo Molale (3), Armand Willemse Lee-Ann Grobbelaar, Danielle Verster, Karmen Fouché (2) en Wiané Joubert.
Foto’s: Wouter Pienaar















