SportSport

Soete oorwinning vir Volkies se T20-ysters

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan-ysters is die Coca-Cola Noordwes Skole T20 wenners nadat hulle vir Hoërskool Rustenburg met 78 lopies verslaan het. Op ‘n snikhete en spesiale krieket-Sondag in Potchefstroom het Volkies in die eerste halfeindstryd van die dag vir Hoërskool Lichtenburg met 21 lopies geklop. In ‘n goeie stryd tussen kolf en bal …

Hoër Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan-ysters is die Coca-Cola Noordwes Skole T20 wenners nadat hulle vir Hoërskool Rustenburg met 78 lopies verslaan het.
Op ‘n snikhete en spesiale krieket-Sondag in Potchefstroom het Volkies in die eerste halfeindstryd van die dag vir Hoërskool Lichtenburg met 21 lopies geklop.

Rico Fryer (links) benut 'n puik vangskoot terwyl sy spanmaat op dieselfde tyd vir die vangskoot gaan. Foto: Wouter Pienaar.
Rico Fryer (links) benut ‘n puik vangskoot terwyl sy spanmaat op dieselfde tyd vir die vangskoot gaan. Foto: Wouter Pienaar.

In ‘n goeie stryd tussen kolf en bal het Volkies se paaltjiewagter hier ‘n belangrike 66 aangeteken in sy span se groottotaal van 147/7. Lichtenburg kon net 126/6 op die telbord sit met Volkies wat die nodige druk toegepas het. In die eindstryd was Volkies (150/5) se boulers weer baas om vir Rustenburg vir slegs 72 uit te boender.
Dit nadat Volkies danksy Van Zyl Smit 32 (39), Bester 41 (37) en Jannie Claassens 41 (23) ‘n soliede platform gelê het.

Lees meer in komende week (28 Februarie) se Potchefstroom Herald vir meer reaksie oor hierdie toernooi.

Foto’s: Wouter Pienaar en Chrisna Mentz

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button