SportSport

Voormalige NWU-kolwer maak sy toetsdebuut

Marques Ackerman, wie deel van die NWU se 2017 Varsitykrieket-wenspan was, se Protea-droom het vandag waar geword.

Een van die NWU se trotse krieketuitvoerprodukte, Marques Ackerman, het vandag sy toetsdebuut vir die Proteas teen Australië op St George’s Park in Gqeberha gemaak.

Die 30-jarige Ackerman het reeds sy eerste lopies vir die Proteas aangeteken en is tans op vyf nie uit nie van 32 balle. Reën het intussen die spel onderbreek met Suid-Afrika op 20/2.

Ackerman, wat deel was van die NWU se Varsity Krieket-wenspan in 2017 en die universiteit met lof verteenwoordig het, het ná skitterende vertonings vir die Noordwes-Dragons na die Dolphins geskuif.

Marques Ackerman speel ‘n dryfhou in SA toetskleure teen Australië. Foto: Dolphins Cricket/Facebook

Dit het sy loopbaan na nog groter hoogtes geneem. Na sewe jaar waarin hy geduldig lopies op eersteklasvlak ingesamel het, het hy uiteindelik sy groot kans gekry. Ackerman is ’n stylvolle speler wat weet hoe om tussen aggressie en verdediging te wissel.

Met ’n eersteklas-kolfgemiddeld van 48, asook ’n reuse-dubbele honderdtal vir SA A teen Bangladesj, kon die keurders hom nie miskyk nie.

Volgens sy destydse afrigter by die NWU, Conrad de Swardt, het Ackerman reeds op universiteitsvlak die harde werk ingesit.

“Ons is baie bly vir hom. Hy het altyd energie gewys met kolf, bal en in die veld. Hy was ook by tye kaptein van die klub, so dit spreek baie van sy leierskap ook. Die feit dat hy ’n volle alumni is van die NWU, maak ons nog meer bly en wys dat daar plek is vir studie en sport saam,” noem De Swardt wat die krieketbestuurder by die NWU is.

Ackerman was tydens sy studentejare aan die NWU ook ’n inwoner van Excelsior-manskoshuis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button