SportSport

Volkies en Gimmies se atlete skitter by SA Atletiekkampioenskappe

Beide Gimmies en Volkies se top atlete het by die afgelope SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe vanaf 21-23 Maart in Port Elizabeth weer bewys watter talent in die Mooiriver se water skuil. Sewentien atlete van Gimnasium kry dit reg om 17 medaljes tydens die SA’s in te palm. Twee van Volkies se SA sterre, Cara du Preez …

Beide Gimmies en Volkies se top atlete het by die afgelope SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe vanaf 21-23 Maart in Port Elizabeth weer bewys watter talent in die Mooiriver se water skuil. Sewentien atlete van Gimnasium kry dit reg om 17 medaljes tydens die SA’s in te palm.

Twee van Volkies se SA sterre, Cara du Preez (3000m hindernis vir o.19 dogters in ‘n tyd van 10:38.06) en Janise Nell (o.15 5000m stap in ’n verstommende tyd van 24:54.14) het ook nuwe nasionale rekords behaal met hulle gouemedalje-prestasies.

Volkies se Marizelle Meintjies het in dieselfde wedloop as Nell ’n silwer in ’n tyd van 30:10.15 behaal.
Vir Gimmies het die blits, Phemelo Molale, vier medaljes ingepalm wat twee brons(100m en verspring) en goud in die medley-item sowel as silwer in die aflos insluit.

Miandi van Staden het vier goue medaljes verkry in die 100m, 200m, 4x100m aflos en medley-items in die o.17 dogters afdeling wat ‘n ongelooflike prestasie is. Terselfdertyd het die indrukwekkende Karmen Fouché ook met vier medaljes geskitter. Dit sluit goud in die hoogspring, aflos en medley-items, sowel as silwer in die verspring in.

Fouché se 1.73m sprong is ook ‘n nuwe persoonlike beste vir dié o.16-atleet. Armand Willemse het ook sy doelwitte bereik toe hy ‘n goud in die seuns o.15-spiesgooi behaal het.

Lee-Ann Grobbelaar silwer (spiesgooi), Suneel Louwrens brons (driesprong), Marthinus du Preez silwer (400m hekkies) en Liam Walsh brons (4×100 aflos) was die ander Gimmie-atlete wat ook met medaljes hulle skool en provinsie se naam hoog gehou het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button