Potchefstroom Dorp Rugbyklub het hulle Neser-liga veldtog op die beste wyse moontlik met ‘n 34-32 oorwinning teen die geharde manne van Lonmin verlede naweek afgeskop.

Hierdie stryd wat op Lonmin se velde plaasgevind het, was ‘n stryd van groot proporsies met Dorp wat net-net die wen gekry het. Die puntemakers by Dorp was die volgende spelers wat hulle hande hoog opgesteek het: Drieë – Xabiso Hotele (1), Paul Janse van Rensburg (1), Dewalt Sherman (1), HP Swart (1), Ryno Visagie (1), Doynton Berry (1).
Doelskoppe – Patrie Robbertse (2)
Potch Dorp speel komende naweek hulle wedstryd teen Zeerust.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



