
Potchefstroom Dorp Rugbyklub se vrouespan het vanjaar hulle seisoen teen Klerksdorp Academy met ‘n oorrompelende 104-0 oorwinning afgeskop.
Dié dames van Potchefstroom het maalvleis van hulle opponent, wat tog moedig probeer het, gemaak. Hul opponent het egter nie die skietgoed op die dag gehad om enige skade te maak nie.
Daar was ‘n groot klasverskil tussen dié twee spanne met Potch Dorp wat met sterre soos die SA Vroue sewes-speler, Ferana van Heerden sowel as die gevaarlike Baby Plaatjies gespog het.
Hierdie is ‘n gedugte span en het ondanks ‘n paar foute, hulle oog vir ‘n gaping met 16 fantastiese drieë bewys. Lizzy Diseko (2), Baby Plaatjies (2) Sherilyn Campbell (5), Chana Afrika (2), Ferana van Heerden (3) en Joulene “Vlooi” Theron (2) het onder die pale gaan kuier.
Foto’s: Wouter Pienaar en Chrisna Mentz






























