Twee swemmers van die NWU-Junior Swemklub het aan die pas-afgelope SA Nasionale Junior Ouderdomskampioenskappe in Durban deelgeneem.
Die beste swemmers in die land tussen 12- en 18-jarige ouderdom kompeteer hier in klubverband om onder meer te probeer kwalifiseer vir die FINA Junior Wêreldkampioenskappe. Vanjaar se byeenkoms het weer eens skitterende prestasies opgelewer. Retief Esterhuysen het vir die eerste keer vir hierdie kampioenskappe gekwalifiseer en ‘n 11de plek in beide die 100m en 200m vlinderslag behaal.
Juandré Uys, een van die Noordwes Provinsie se mees-gerekende borsslagswemmers, het ‘n 8ste plek in die 100m borsslag en ‘n 9de plek in die 50m borsslag behaal.



