Die uitstekende verspring- en hoogspringatleet van Potchefstroom Gimnasium, Karmen Fouché, het nog medaljes in haar trofeekas gevoeg toe sy silwer in die hoogspring en brons in die verspring-items (o.18) by die o.18 en o.20 ASA Kampioenskappe behaal het.

Fouché het met ‘n persoonlike beste sprong van 1.75m in die hoogspring haar staal tussen meer ervare springers in die Paarl bewys. Fouché was ook deel van die seëvierende ASNW o.18 4x100m aflosspan wat goud behaal het.
Nog ‘n Gimmie wat by die ASA kampioenskappe ‘n medalje behaal het was Suneel Louwrens met silwer in die driesprong. Louwrens het in die o.20 kategorie deelgeneem en met ‘n 12.10m sprong net agter Gontse Morake van Sentraal Gauteng geëindig.



