
Die huidige bestuurder van die NWU Rugbyinstituut, Mervyn Taylor, is die enigste genomineerde kandidaat vir die amp van die nuwe Luiperdspresident.
Die Luiperds Rugbyunie gaan op 16 April in ‘n verkiesing besluit wie die vorige president, adv. André May, se opvolger gaan wees.
Die verkiesing vind op 16 April in die Koos Snyman-saal op Olënpark plaas.
Die benoemings is as volg:
President: Mr. Mervyn Taylor
Adjunk-president: Mr. Arno Roems
Adjunk-president: Mr. Akhona Kave
Vise-president Transformasie: Mrs. Vernorine Thorne Roems
Vise-president Transformasie: Mr. Akhona Kave
Vise-president Transformasie: Mr. Eric Bukani
Vise-president Opleiding: Mr. Loume Vermeulen
Vise-president Opleiding: Mr. Johan Opperman
Vise-president Klubrugby: Mr. Johan Bornman
Vise-president Provinsiale en Amateurrugby: Mr Christo Minnie
Vise-president Plattelandse Distrikte en Juniorklubs: Mr. Boet Carelzen
Regsverteenwoordiger: Mr. Johan Friedrich
Beskermheer: Mr. Sakkie Raath



