SportSport

Geen kwotas vir Proteas se Krieketwêreldbekerspan

Die posisie wat KSA inneem, is presies dit waarvoor Solidariteit staan en wat Solidariteit nastreef – ʼn sportomgewing wat gedepolitiseer is en waar spankeuses op grond van meriete geskied

Solidariteit verwelkom Krieket SA (KSA) se verwerping van kwotas in sport, soos dit by monde van mnr. Thabang Moroe, die uitvoerende hoof van KSA, oorgedra is toe hy aangekondig het dat geen kwotateikens vir die Proteas in die komende Wêreldbekertoernooi gestel gaan word nie.

Hoewel KSA ʼn beleid het wat ʼn kwota van 55 persent vir swart spelers stel, het mnr. Moroe ongekwalifiseerd gestel: “Daar is geen teikens nie…ek wil hê dat die beste spelers gekies word sodat ons die Wêreldbekertoernooi kan wen.”

“Die posisie wat KSA inneem, is presies dit waarvoor Solidariteit staan en wat Solidariteit nastreef – ʼn sportomgewing wat gedepolitiseer is en waar spankeuses op grond van meriete geskied,” sê Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit.

“In ʼn studie deur die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) is bevind dat die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrikaners oor alle rassegroepe heen hewig gekant is teen sportkwotas. Die regering en sportowerhede staan alleen in die najaging van kwotas en die toenemende verpolitisering van sport,” het Human bygevoeg.

Solidariteit sal voortgaan om sportkwotas deur middel van beskikbare regsweë en openbare steun aan te vat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button