SportSport

Van Staden in sewende hemel met string goue medaljes

Op dié tartanbaan by die Dal Joseph-atletiekstadion in die Paarl het sy behoorlik grond gekoop, maar dit was darem nie ‘n duur prys om te betaal nie.

Met die wenstreep voor haar oë spring Potchefstroom Gimnasium se naelloopblits, Miandi van Staden (16), in die 200m-wedloop by SA’s weg. Oorwinning is in sig en alles verloop vlot, maar vyf meter voor die eindstreep struikel sy letterlik in ’n goue posisie in.

Met ‘n tyd van 24,45 sekondes duik sy in die rekordboeke in en verower nog ‘n o.18 SA titel. Op dié tartanbaan by die Dal Joseph-atletiekstadion in die Paarl het sy behoorlik grond gekoop, maar dit was darem nie ‘n duur prys om te betaal nie. Sy is met ‘n spierwit glimlag ‘n kort rukkie later met goud op die podium beloon.

In die 200m finaal (o.18) het ek oor die lyn geval en met die goud weggestap. Die paar skraapmerke wat ek het, sal my altyd aan daardie dag herinner,” vertel sy.

Lees meer in hierdie week se Potchefstroom Herald oor hierdie top atleet se prestasies by beide die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe sowel as die ASA o.18 en o.20 Atletiekkampioenskappe

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button