SportSport

NWU sluk bitter pil na Tukkies hulle naelskraap met 24-18 klop

Die senuwees het behoorlik geknaag vanaand op die LC de Villiers-stadion met albei die NWU en Tukkies wat hulle ondersteuners se bloeddruk op tye die hoogte in gestoot het in ‘n intense tweede helfte.

Tukkies het na ‘n eerste helfte voorsprong van 18-3 amper toegelaat dat die besoekende NWU hulle op hulle tuisveld ontroon, maar het vasgeklou vanaand met ‘n 24-18 sege om na die Varsitybekereindstryd deur te dring.

‘n Dapper NWU-span het mits ‘n baie beter tweede helfte vertoning, net nie genoeg in die tenk gehad om ‘n oorwinning te behaal nie, maar kan met hulle koppe hoog Potch toe terugkeer – al is dit ‘n hartseer einde aan hulle 2019 Varsitybekerverhaal.  Die NWU was in die laaste 10 minute gedurig in Tuks se helfte maar kon net nie daardie nodige drie druk nie.

Die senuwees het behoorlik geknaag vanaand op die LC de Villiers-stadion met albei die NWU en Tukkies wat hulle ondersteuners se bloeddruk op tye die hoogte in gestoot het in ‘n intense tweede helfte.

Tukkies was van die staanspoor af met die hef in die hand toe Ciaran Dayaram twee drieë binne die eerste 15 minute aangeteken het om sy span 12-0 voor te laat loop.

Goed berekende skopwerk in oop spel het ook vir Tukkies momentum laat behou, met veral hulle skrumskakel, Theo Maree, wat takties puik was.

Sy skakelmaat, Tinus de Beer het ook al sy revaring met ‘n paar goeie skoppe bewys om die NWU in hulle kwartgebied te hou.

Die NWU het voor halftyd wel begin momentum bou maar hanteringsfoute in kritieke tye het hulle in die voet geskiet en hulle was 18-3 agter in ‘n lustelose eerste helfte vertoning.

Lungelo Gosa het die eerste bietjie trekwerk gedoen toe hy in die 50ste minuut in die hoekie gaan druk het om die telling na 18-8 te vernou. Die NWU het nou mooi in die stryd gekom en met Schalk Hugo wat ‘n strafskop oorklits was daar net ‘n drie se punteverskil tussen die twee spanne.

‘n Twyfelagtige strafskop is met 14 minute oor, aan Tukkies toegeken toe dit gelyk het of die bal vasgehou is. De Beer skop oor om die telling 21-11 te maak.

Die NWU het wel aanhou geveg en die uitstaande flank, Wian Conradie gaan druk met 10 minute oor. Hugo verdoel om die 21-18 te maak, met Tukkies wat nou vasklou aan die voortou.

‘n Laaste strafskop van De Beer het Tukkies ‘n ses punt voorsprong gegee en hulle het te midde van NWU se pers aanslag die storm ontwyk toe die eindfluitjie blaas.

NWU: 

Drieë: Lungelo Gosa, Wian Conradie

Doelskoppe: Hugo

Strafskoppe: Schalk Hugo (2)

Tukkies:

Drieë: Ciaran Dayaram (2)

Doelskoppe: Tinus de Beer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button