SportSport

Plaaslike kriekettalent lei USSA-span na nasionale wen

Haasbroek het nie die beste toernooi met die kolf beleef nie, maar het andersins met puik veldwerk en kapteinskap bewys dat hy die nodige leierskapsvaardighede het.

Die NWU se uitstekende jong veelsydige speler, Ruan Haasbroek, het die afgelope naweek in die KSA Future Cup deelgeneem waar hy die SA Universiteite Krieketspan (USSA) met melding na ‘n toernooi-oorwinning as kaptein gelei het.

Die USSA-span het teen SA Platteland, en die SA Franchise Akademie-span in T20 rondomtalie wedstryde in Kimberley gespeel. Haasbroek het nie die beste toernooi met die kolf beleef nie, maar het andersins met puik veldwerk en kapteinskap bewys dat hy die nodige leierskapsvaardighede het.

Haasbroek het tog in 2015 Gimmies se eerste krieketspan op die veld gelei, so hy is nie ‘n leek as dit by kapteinskap kom nie.
Vir die USSA-span het Fritz de Beer en Dilivio Ridgaard met die kolf ingeklim, terwyl Beyers Swanepoel en Katle Leokaoke (NWU) uitstekend met die bal was.
De Beer is ook as die speler van die toernooi aangekondig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button