
Met ‘n kombinasie van 10 goue, 10 silwer en nege bronsmedaljes, het die NWU Atletiekspan met die USSA-titel die kroon op ‘n wonderlike en onvergeetlike atletiekseisoen gespan.
Die NWU het nou al die groot universiteitkompetisies in die land gewen en kan met reg as die land se beste atletiekspan bestempel word – die trofeë praat hard en duidelik.
Dit is ook die 14de keer sedert 1994 dat die NWU die USSA-titel verower. Die NWU was ook nog altyd in die top drie by hierdie kampioenskappe die afgelope 25 jaar.
“Die NWU se 29 medaljes wat vanaf 4 tot 6 April by die USSA Kampioenskappe in Stellenbosch verwerf is, was weer tekenend van ‘n briljante spanpoging,” noem NWU atletiekbestuurder, Terseus Liebenberg.
“Die USSA-wen span die kroon op ‘n briljante seisoen, waar elke atleet en afrigter bygedra het. Volgens my het ons hier die beste en talentvolste afrigterskorps in die land. Dit is ook uitstekend om te sien watter impak die jonger afrigters soos Werner Burger en Shaun Bownes het,” noem Liebenberg.
Hy het ook die belangrike skakels in die NWU se sukses van die baan af, geprys.
“Die NWU se bemarking- en kommunikasie-afdeling, in besonder Christi Cloete en Louis Janse van Rensburg, het ons deur die loop van die siesoen ondersteun. So ook die ondersteuning van ons fisioterapeute, Jackie Kriel en Anita van der Lingen-Venter,” het hy genoem.
Verder het die NWU ook die 11 atlete wat in die voorlopige USSA-span vir die FISU Universiade-kompetisie in Napels, Italië vanaf 4 tot 9 Julie, opgeneem is.
Dit is op datum nog die meeste NWU-atlete ooit wat vir dié byeenkoms gekies is. Dié atlete is: Chederick van Wyk (100m, 200m), Theodor Young (100m, 200m, 110mh), Tiaan Kleynhans (110mh), Mpho Links (hoogspring), Tshepang Makhethe (hamergooi), Alan Cumming (hamergooi), Johann Grobler (spiesgooi), Brendon Skinner (spiesgooi), Jo-Ané van Dyk (spiesgooi), Joné Kruger (verspring) en Gena Löfstrand (800m)

Medaljewenners by USSA:
Goud:
Tiaan Kleynhans (110mh – 14.28 sekondes)
Johann Grobler (spiesgooi – 73.97m)
Tshepang Makhete (hamergooi – 68.70m)
4 x 100m Mans (40.59)
Gena Löfstrand (800m – 2:04.43)
Marga Cumming (hamergooi – 58.10m)
Jo-Ané van Dyk (spiesgooi – 53.72m)
Nadja Fourie (paalspring – 3.70m)
Anri Salim (sewekamp – 4695 punte)
Anette Koen (20km stap – 1:56.44)
Silwer:
Chederick van Wyk (100m – 10.53)
Erich Wiese (spiesgooi – 66.71m)
Alan Cumming (hamergooi – 66.46m)
Theodor Young (110mh – 14.39), (200m – 20.85)
Ariane Nel (400m – 55.45)
Joné Kruger (verspring – 6.42m)
Maggie le Roux (spiesgooi – 49.06m),
4 x 100 vroue (46.90)
4 x 400 vroue (3:45.73)
Brons:
Chederick van Wyk (200m – 20.85)
Luan Munnik (1500m)
Brendon Skinner (spiesgooi – 65.49m)
Carel Haasbroek (hamergooi – 65.45m)
Ignatius Marais (diskus – 51.00m)
Danél Holton (400m – 55.69)
Leandri Lamprecht (spiesgooi – 46.61m)
Letitia Janse van Vuuren (hamergooi – 53.70m)
4 x 400m mans (3:12.60)




