SportSport

Gimmies se hokkieseuns is NWU Prestigereeks wenners

Die atmosfeer by die Astro was een van spanning en afwagting met die ouers van beide skole wat hulle seuns luidkeels aangespoor het.

In ‘n rillerstryd op die NWU Astro het Potchefstroom Gimnasium se doelskieter, Lumka Gebengana, die wendoel teen Hoërskool Middelburg aangeteken vir ‘n 1-0 oorwinning.

Gebengana het hierdie fantatiese spanbeweging reg voor die hok die bal doelwaarts gestuur om Gimmies die NWU Prestigereeks-kampioene te maak.

Middies het die eerste helfte gedomineer maar kon net nie die bal in die doelhok kry nie. Gimmies moes hulle benaderign verander en het meer aggressief in die tweede helfte begin speel.

Die atmosfeer by die Astro was een van spanning en afwagting met die ouers van beide skole wat hulle seuns luidkeels aangespoor het.

Op die einde kon die manne in blou feesvier met ‘n oorwinning op tuisveld.

Lees meer in komende week (2 Mei) se Potchefstroom Herald. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button