NewsNews

Man probeer roof terwyl polisie vir hom kyk

Die polisie het Sondagaand (28 April) omstreeks 21:30 'n man in Sol Plaatjiestraat in hegtenis geneem, nadat hy glo 'n ander man probeer roof het.

Die polisie het Sondagaand (28 April) omstreeks 21:30 ‘n man in Sol Plaatjiestraat in hegtenis geneem, nadat hy glo ‘n ander man probeer roof het.

Dit was nie dié rower se aand nie, terwyl hy die roof probeer uitvoer het, het die polisie op die voorval afgekom. Volgens Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die beamptes gesien hoe die verdagte die man probeer beroof.

“Hulle het die verdagte begin jaag waarna hy gevlug het. Die polisie kon daarin slaag om die man in hegtenis te neem. ‘n Mes is in sy besit gevind,” het sy gesê.

Volgens Manyoba was die amper slagoffer van die roof, nie meer op die toneel nadat die polisie met die verdagte terug gekeer het nie. Die verdagte word van die besit van ‘n gevaarlike wapen aangekla.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button