SportSport
Gimmies beleef puik NWU Prestigereeks
Gimmies het oudergewoonte weer ‘n fantastiese NWU Prestigereeks-toernooi beleef met veral hulle hokkie, tennis en skaakspanne wat goed presteer het. Foto’s van Gimmies se puik hokkiespanne: Hier is die gekombineerde uitslae van die skool: • Tennis eindig algeheel eerste. • Skaak eindig algeheel eerste (deel posisie met Zwartkop). • Seunshokkie eindig algeheel eerste. • Landloop …

Gimmies het oudergewoonte weer ‘n fantastiese NWU Prestigereeks-toernooi beleef met veral hulle hokkie, tennis en skaakspanne wat goed presteer het.
Foto’s van Gimmies se puik hokkiespanne:
Hier is die gekombineerde uitslae van die skool:
• Tennis eindig algeheel eerste.
• Skaak eindig algeheel eerste (deel posisie met Zwartkop).
• Seunshokkie eindig algeheel eerste.
• Landloop eindig algeheel derde.
• Netbal eindig algeheel vierde.
• Dogtershokkie eindig algeheel vierde.
• Gholf eindig algeheel negende.
• Rugby eindig algeheel twaalfde.
- Gimmies se o.16A- en eerste seunshokkiespanne en die o.14A-, tweede- en eerste dogtershokkiespanne eindig onder die top drie spanne in die NWU-Prestige-sportreeks. Die o.16A-seunspan speel gelykop teen Middelburg en is gesamentlik eerste.
- Die o.14A-dogters speel gelykop teen Noordheuwel en is gesamentlik eerste. Die tweede dogterspan speel gelykop teen Zwartkop en is gesamentlik derde.
- Die eerste seun- en dogterspanne het senutergende wedstryde teen Middelburg gespeel en daarin geslaag om 1-0 te wen.
Potchefstroom Gimnasium slaag daarin om 25 in die NWU Prestigereeks se finale wedstryde te wen. Noordheuwel wen die reeks, met Marais Viljoen in die tweede- en Zwartkop in die derde plek.
Gimmies eerste hokkiespan (Foto’s: Wouter Pienaar)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!














