SportSport

Luiperds pak Pumas met klomp veranderinge aan

Die Luiperds het 'n ou bekende terug op losskakel met Schalk Hugo wat die nommer 10 trui sal dra.

Die Luiperds speel hierdie Vrydag (10 Mei) in hulle tweede katgeveg in minder as ‘n week wanneer hulle teen die Pumas in Nelspruit in die Supersport Uitdaagtoernooi te staan kom.

Die Luiperds het ‘n ou bekende terug op losskakel met Schalk Hugo wat die nommer 10 trui sal dra. Evardi Boshoff skuif terug buitesenter toe. Chriswill September begin weer op 9 met Edmund Rheeder wat die nommer agt trui sal dra. Jimmy Mpailane keer ook terug op regtervleuel.

Gewis sal dit nie ‘n maklike wedstryd teen die Pumas wees nie, met die pienktruie wat ‘n paar talentvolle spelers in hulle midde het. Voormalige Luiperds, Jeandré Rudolph en Henko Marais, sowel as die voormalige Matie-losskakel, Chris Smith, is maar paar van dié spelers. Voeg by die ervare skrumskakel, Reynier van Rooyen, sowel as die blitsige vleuel, Ettienne Taljaard en daar het ‘n mens reeds ‘n paar manne wat die Luiperds kan laat kopkrap.

Luiperds teen Pumas: 15. Chuiner van Rooyen; 14. Jimmy Mpailane, 13. Evardi Boshoff, 12. AK Nela, 11. Eugene Hare; 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Edmund Rheeder, 7. Reuben du Plooy, 6. Wandi Mazibuko, 5. Johan Retief, 4. HP Swart, 3. Robert Hunt, 2. Marius Stander, 1. Nelius Theron. Reserwes: 16. Gustav du Rand, 17. Botter Moloto, 18. Matimu Maganyi, 19. Danny du Plooy, 20. Tjaart Benadé, 21. Keagan Tait, 22. Lungelo Gosa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button