
Die Classic Clash tussen Volkies en Gimmies het gistermiddag, 24 Mei, op ‘n behoorlike hoë noot by Volkskool afgeskop. In die twee eerstespanwedstryde in seunshokkie en netbal was daar bitter min om van te kies tussen dié twee skole. Die seunshokkiewedstryd was veral interessant met Volkies wat op tuisveld op ‘n stadium danksy ‘n Ruvan Pieters doel ‘n 1-0 voorsprong gehad het. Met omtrent 20 minute oor het die gelyk of Volkies vir ‘n verrassende wen kon vasklou, maar Gimmies wou nie die wennersmantel maklik oorgee nie. Gimmies se Martin Landman het die wendoel aangeteken om Volkies se fapper harte te breek.
In die eerstespan netbalwedstryd het Gimmies daarin geslaag om Volkies met slegs een punt in ‘n wip-wa wedstryd te klop. Die telling van 33-32 was net genoeg vir Gimmies om ‘n belangrike oorwinning oor hulle teenstanders te kry. Vir Gimmies was Leasha Louwrens en Caitlin du Plessis bestendig voor die doel en het belangrike punte aangeteken waar nodig was.
Tans het Gimmies alreeds 13 van die 15 wedsteryde teen Volkies gewen en vandag sal Volkskool op die rugbyveld alles moet uithaal om sake weer gelyk te stel.
Die uitslae van Vrydag 24 Mei se Classic Clash wedstryde is as volg:
Seunshokkie
o.14A: Gimmies 13-0 Volkies
o.16A: Gimmies 3-2 Volkies
Eerstespan: Gimmies 2-1 Volkies
Tweedespan: Gimmies 2-1 Volkies
Netbal:
o.14A: Gimmies 18-9 Volkies
o.14B: Gimmies 23-22 Volkies
o.15A: Gimmies 16-21 Volkies
o.15B: Gimmies 17-22 Volkies
o.16A: Gimmies 30-17 Volkies
o.16B: Gimmies 29-9 Volkies
o.17A: Gimmies 21-16 Volkies
o.17B: Gimmies 14-12 Volkies
Eerstespan: Gimmies: 33-32 Volkies
Tweedespan: Gimmies: 27-11 Volkies



















