SportSport

One on One: Llewellyn Ellis

Hy hardloop goeie lyne en weet waar om sy spoed op die beste manier moontlik te gebruik - iets wat hy beslis vir die Pampoenboere begin wys nadat die afrigter, Gerald McPherson hom onder sy vlerk die afgelope twee maande geneem het.

’n Mengsel van baie harde werk en talent is die geheim van die vlugvoetige vleuel van die Pampoenboere, Llewellyn Ellis. Hierdie belowende 20-jarige is stelselmatig besig om oë in Potchefstroom te laat rek.

Veral nadat Ellis vier drieë in die Luiperds Reserweliga-eindstryd teen Potch Tigers Defence gedruk het om sy span ’n 37-24 sege te besorg.
Ellis beskik oor hope spoed en het ’n slim rugbybrein waarmee hy die veld betree.

Hy hardloop goeie lyne en weet waar om sy spoed op die beste manier moontlik te gebruik – iets wat hy beslis vir die Pampoenboere begin wys nadat die afrigter, Gerald McPherson hom onder sy vlerk die afgelope twee maande geneem het.

“Coach Gerald het my raakgesien toe ek vir Potch Dorp Rugbyklub vroeër die jaar gespeel het. Hy het my gevra of ek vir die Pampoenboere wil kom speel en ek het toe ingestem,” vertel Ellis, wat sy skoolloopbaan by Hoërskool Carletonville voltooi het.

“My tyd hier by die Pampoenboere is sover fantasties en daardie eindstryd was baie opwindend gewees. Om teen jou vriende te kan speel en as ’n span so goed te kon saamspeel was die beste deel.”

Ellis het al van jongs af sy talent en honger vir drieë op skoolvlak bewys waar hy as losskakel, die o.16 en o.17 Leeus presidentspan behaal het. Hy het ook die Leeus se o.18 Cravenweek Akademiespan behaal.

“Ek het ook op ’n stadium die geleentheid gehad om oorsee in Engeland op o.17-vlak te speel, maar dit het toe nie gerealiseer nie. Tog glo ek dat ek eendag weer die kans sal kry om oorsee te speel,” vertel Ellis opgewonde wat ook by die Rams Rugbyakademie in Fochville is.

Ellis kyk op na die Springbok en Toulouse-agterspeler, Cheslin Kolbe, en glo dat hy ook in sy held se voetspore kan volg.

“Ek wil ’n sukses van rugby maak en professioneel speel. Ek sien ’n toekoms in rugby en ek gaan aanhou hard werk want harde werk sal altyd talent klop,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button